Fritz Brand en Burton Fourie - Die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein

Burton Fourie, old scholar of VHS. (1st picture on left) Burton is an Appeal Judge at the High Court and took care of the prize giving of 2015. He also received a honouree medal from VHS. Headmaster, Derick von Zeuner is seen handing over the medal to him.

Volgens betroubare bronne is dit uiters raar dat ‘n openbare skool twee regters oplewer wat gelyktydig in die Hoogste Hof van Appèl  in Bloemfontein dien. Twee oudleerders van Hoërskool Vredenburg  is tans saam op die bank in Bloemfontein:  Regter Fritz Brand (2nd picture - on right) is reeds in 2000 as appelregter aangestel,  terwyl regter Burton Fourie in 2014 as waarnemende appelregter aangestel is.  

“’Baie trots” sê eintlik te min oor hoe ons voel oor hierdie twee spreekwoordelike ‘groot manne’ uit ons skool. Húlle posisies word nie sommer deur enigeen in dié beroep bereik nie – en om te kan sê dat Hoërskool Vredenburg die fondasie gelê het vir beide hierdie manne se beroepe, is ‘n fantastiese gevoel.  Ek kan dit as’t ‘ware onder eed’ verklaar, ” sê  Derek von Zeuner, skoolhoof van Hoërskool Vredenburg. “En alhoewel hierdie manne gevorm is deur ‘n vorige VHS-span, lank voor my en die huidige opvoederspan se tyd,  lewer dit mos klinkklare bewys dat Hoërskool Vredenburg reeds sedert sy vroegste bestaan ‘n skool van uitnemendheid is. Hier bied ons aan leerders ‘n ‘lanseerbasis’ na die hoogste sport van bykans enige beroep.”

Regter Fritz Brand het in 1966 aan Hoërskool Vredenburg gematrikuleer, waarna hy in 1970 sy BA(Regte)-graad en in 1972 sy LLB-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal het. Hy het sy studies aan die Rijks Universiteit van Leiden, Nederland voortgesit, waarna hy as dosent na Stellenbosch teruggekeer het. Vanaf 1973 tot 1976 was hy ‘n senior dosent aan die Fakulteit Regsgeleerdheid en het in Desember 1976 sy LLM-graad cum laude aan Stellenbosch Universiteit verwerf.  Gedurende die daaropvolgende 15 jaar het hy as advokaat by die Kaapse Balie gepraktiseer en was verbonde aan die Fakulteit as deeltydse dosent.  In 1992 word hy aangestel as Regter van die Hoë Hof van Suid-Afrika, Wes-Kaap Hoë Hof. In 2000 word hy as waarnemende Regter van die Hoogste Hof van Appel in Bloemfontein aangestel en die permanente aanstelling volg aan die einde van 2001.  Gedurende 2010 het hy diens gedoen as waarnemende regter van die Konstitusionele Hof in Johannesburg. Op 6 Desember 2012 is ‘n Eredoktorsgraad  (LL.D honoris causa) deur die Universiteit van die Vrystaat aan hom toegeken en in 2014 is hy vereer deur dieselfde universiteit met die Cum Laude Toekenning vir ‘n uitstaande bydrae tot die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse reg. Regter Brand is ook bekend as opleier van regters op internasionale vlak en hy dien op die Suid-Afrikaanse Hoofregter se Adviesraad aangaande regterlike opleiding.
 
Gedurende 1996, asook 2001 is hy deur Hoërskool Vredenburg met eretoekennings vereer. In 2005 het hy ‘n toekenning ontvang as Merkwaardige Lid van die Konvokasie van die Universiteit van Stellenbosch. In 2012 is die graad LL.D (honoris causa) deur die Universiteit van die Vrystaat aan hom toegeken.  In 2005 is hy aangestel as Buitengewone Professor in Privaatreg aan die Universiteit van die Vrystaat en in 2014 is hy aangestel as Ereprofessor in Privaatreg aan die Universiteit van Stellenbosch.

Regter Brand is getroud met Elaine en het drie kinders, Koos, Esti en Fritz (Jnr).  

Regter Burton Fourie het Hoërskool Vredenburg aan die einde van 1961 (graad 11) verlaat en in 1968 die graad BA (Regte) en in 1970 ‘n LLB-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal.  Hy studeer daarna verder aan die Rijksuniversiteit van Gent, België en behaal die graad MBA daar. Hy is in 1974 as prokureur toegelaat en in 1975 as advokaat en het in Johannesburg en George as advokaat gepraktiseer.  Hy verkry Senior advokaatstatus in 1999, word op die Kaapse Regbank aangestel in 2003 en word as waarnemende appèlregter in die Hoogste Hof van Appèl te Bloemfontein aangestel in 2014.
Benewens die Reg, interesseer sport regter Fourie ook van jongs af en het hy sy rugbykapteinskap van die VHS-o/13-span uitgebou tot waar hy later vir Maties se eerste span gespeel het. Van sy helderste herinneringe op skool, sê hy, is van sportgebeure, want hy het dit vreeslik geniet.  Hy is ook lief vir bergfiets ry en stap graag.

“Skool het daardie jare vir my hoofsaaklik oor sport gegaan!” sê regter Fourie, “ heerlike, sorgvrye lang middae op die sportveld bly my by. Ook toegewyde onderwysers wat opvoeders in die ware sin van die woord was. Hier dink ek aan mense soos Emrich Cilliers en Ponti Haupt.”

“Een interessante storie is dat Fritz, toe hy onseker was oor sy toekomstige loopbaan, vir my pa, die plaaslike landdros,  raad gevra het en het die advies tot gevolg gehad dat SA ‘n top juris ryker geword het!”

Regter Brand verwoord sy VHS-herinneringe as volg:  “As ek aan my skooldae dink,  is my blywende herinneringe aan onderwysers wat met entoesiasme nie alleen boekekennis nie,  maar kennis van die grootmenslewe aan ons probeer oordra het. Sodoende het hulle ons voorberei om ons volle potensiaal te bereik. Daardeur het ons ou alma mater dan ook sy volle potensiaal bereik.”

Voorwaar twee manne wat Hoërskool Vredenburg se naam groot eer aandoen. Om  nog ‘n paar van Hoërskool Vredenburg se presterende oudleerders te sien, kan hul DVD gesien word  by https://www.youtube.com/watch?v=JpU1T2gQU-w

“Ons wil ook baie graag van ander  prestasies van oudleerders hoor waarvan ons nie weet nie en sal dit waardeer as diesulkes ons laat weet, sodat ons ook aan hulle erkenning kan gee en terselfdertyd meer terugvoer kan kry oor hoe suksesvol VHS was in die lê van ‘n akademiese en opvoedkundige fondasie vir hul loopbane,” sê skoolhoof Derek von Zeuner.  Die skool kan by 022-713 1151/2 geskakel word, of ‘n e-pos kan aan vonzeunerd@hsvredenburg.co.za of naudes@hsvredenburg.co.za  gestuur word.

gallery/skool 2015 judge see email
gallery/judge1
gallery/rugbyu13
gallery/class1

Gezelle Magerman - World 400m Champion!!

Gezelle won the Gold Medal at the Youth Olympic Games in Beijing in 2014.

Our sincere congratulations to Gezelle from all the Alumni of Vredenburg High School.

A brilliant achievement - well done!!

gallery/gezelle magerman (wereldkampioen in 400m)

Slide 1: Gezelle's Gold Medal
Slide 2: Gezelle Magerman and Mr Derick von Zeuner (VHS Principal)
Slide 3: Gezelle Magerman and Mr du Toit (Athletics Coach)

Annual Top Student Bursary Award

At Vredenburg High School we have an annual bursary of R 3000.00 that goes to the top Grade 12 student of that specific year. We are very proud of these students who have all excelled at VHS. Here are some past winners.

2016

This year it is Ulrich Louw. Here is Danielle Carstens handing over the 2016 Bursary to Ulrich.

2015

Last year it was Jaco Schoeman (Class of 2015 on the right). The lady presenting the cheque to Jaco is Danielle Carstens, from our financial department.
    
2014

In 2014 Leon Louw (below) was the top student and he received the annual R 3000.00 bursary. Sitting behind the microphone is Amos Pieterson, who was the guest speaker for the evening.

gallery/grade 12 top student (see email)
gallery/grade 12 top student (see email 2)

Hildegardt Whites - A Star is Born!

Hildegardt plays the role of Bonnita (Vince’s wife) in South Africa’s favourite soapie, 7de Laan. She has had the role since December 2010. Hildegardt is an Alumni of Vredenburg High School and started her acting career in her final year at school, when she played the role of Anita in the musical, West Side Story.

VHS is very proud to add Hildegardt to our lifelong list of achievers!

gallery/hildegardt whites
gallery/axine1
gallery/axine12

Axene Chaberski-Loubser

Axene is the most recent new member of the all girls band BlackByrd. “Axene is a rock chick and has just phased out of her teen career, so it was really great to find her at this time of her life” said Lamb the lead singer of the band. BlackByrd have had a lot of their singles at No 1 on various stations across the country. In Febuary 2016 they are touring with another premier South African group, Watershed.

Axene won the South African Music Award at the age of 16, making her the youngest person in the history of SA to ever win that award. She sang with Patrizio Buanne, Loyiso, Parletones and many other well known South African artists.

The group are well known for their pop-country ballads. The trio formerly known as “La Vuvuzela” became known for their provocative cover songs, dance moves and costumes. Popular hits include “All For Me”, “I Feel Good Today” and “From the Bottom of My Heart”.

Vredenburg High School is very proud of Axene and we wish her all the luck with her career in the music industry.

The girls of Blackbyrd. Axene is on the left.

Marga Jonker - Skrywer

As Marga Jonker se jongste boek, “Brigadier en die Raaiselponie”, dieselfde sukses as haar vorige boek, “Sonder Chocolate Charlie”, behaal sal sy moet skryf dat dit klap om lesers gelukkig te hou, skryf Maryke Roberts van Vrouekeur.  Nog ‘n groot prestasie vir haar was “Wat is jy, Kartoffel? wat deur die Namibiese Kinderboekforum bekroon is.

(Sarie) ‘n Lokfilm wat sy gedoen het na aanleiding van haar boek “sonder Chocolate Charlie”

Van haar mees onlangse boeke is:

Gabriella en die hertog van harte: In an effort to keep her mother’s memory alive, Gabriella decides to bring her mum’s beloved horse’s bloodline back to their farm in Namibia. Donnabelle was an Oldenburger, a rare European breed, whose two foals were sold years ago. Her investigations end at an agricultural school in the Boland. In an unexpected twist it turns out Duke (one of Donnabelle’s offspring being kept at the school) is a very temperamental horse. The only way to get Duke to Namibia safely is for Robert (or Lucky Luke as he is known at school), a Gr. 10 boy who is also a horse-whisperer, to accompany the party consisting of Gabi, her two friends and her step mum, back to Namibia.

City Girl en die swart hings: Nicole was min lus om die vakansie saam met haar ma Weskus toe te kom. Sy wou liewer by die huis bly om Golden Acres, dié ryskool in Pretoria, se perdespringkursus by te woon. Hoe sleg gaan haar vakansiefoto’s nie afsteek teen Chané se Mauritius-foto’s nie? En wat gaan sy heeldag doen tussen ’n klomp mariene bioloë wat net oor hulle navorsing kan praat?

Maar die Weskus is ’n verrassende plek . . .

Hoërskool Vredenburg is trots daarop om oudskolier, Marga Jonker deel te maak van hul lys van top presteerders.

gallery/margajonkers

These Alumni have excelled in life!

We congratulate them all.

gallery/danielle

2014

2015

2016

gallery/stephan