Hoërskool Vredenburg Oudskoliere Bond

Vredenburg High School Alumni Union

                                                                                                                                                                                           

Die Hoërskool Vredenburg Oudskoliere Bond (Bond) is die sameroepingsliggaam van Oudskoliere, Oud-Onderwysers en ondersteuners van die Hoërskool Vredenburg.  Dit is die strewe van die Bond om die belange van hierdie tradisieryke skool, wat oor bykans ‘n eeu geslyp is tot die opleidingsinstansie hy vandag is, te dien en te bevorder. Voorts strewe die Bond om die band tussen Oudskoliere, ondersteuners en ouers van (voormalige) leerders van die skool uit te bou.

Die Bond, wat outonoom is, beskik oor ‘n volledige grondwet, lederegister en jaarprogram.

Blaai gerus deur hierdie webbladsye en reis terug deur die geskiedenis van die Hoërskool Vredenburg Oudskoliere met die hulp van foto’s, staaltjies en reünies.

U is welkom om bydraes te lewer of navrae te rig aan die Oudskoliere Bond Bestuur. ‘n Volledige lys van die lede van die Bestuur (asook kontakbesonderhede) verskyn elders op hierdie webtuiste.

gallery/vhs special